Nadat die Record verslag gedoen het oor ‘n grafsteen wat in Witpoortjie naby ‘n parkie gevind is, is meer inligting verkry.
Anna Magdalena Janse van Rensburg sou sekerlik onsteld wees dat haar grafsteen langs Vredenhoekpark in Witpoortjie rus. Met die Record se besoek op Donderdag 4 Julie was die grafsteen egter nêrens te sien nie. hopelik het haar familie die grafsteen kom opeis.
Dieselfde Donderdag het Jan Henning die Record geskakel en verduidelik dat hy die naam Anna Janse van Rensburg (63) herken.
“Ek het haar huis gekoop. Sy het destyds in Georginia gebly en met haar afsterwe was ek in staat om die huis te koop.”
Henning was vreeslik behulpsaam met kontaknommers van Anna se gesin.
Die Record stel tans verdere ondersoek in.