Local newsNews

Ons Huis hou kermis

Ons Huis nooi die publiek na hul opwindende kermis in Julie.

Die Ons Huis Tehuis vir Bejaardes nooi graag die publiek na hul kermis op Saterdag 27 Julie.

Cecile Louw van die fondsinsamelingkomitee vertel meer oor die opwindende aktiwiteite vir die dag.

“Die kosstalletjies gaan heerlike eetgoed verkoop soos pannekoek, prego-rolletjies, worsrolletjies, kerrie en rys, poeding en koek.

“Veteraanmotors sal op skou wees en ‘n prys van ‘n heerlike wegbreekvakansie by Buffelspoort vir vier mense kan gewen word. So kom ondersteun ons asseblief!

“Ons benodig nog donasies en versoek die publiek om ons te help met items soos meel, eiers, olie, broodrolletjies, maalvleis, koeke en enige items vir die witolifant tafel.”

Die kermis is ‘n fondinsamelingsprojek ten bate van Ons Huis en sal tot dringende herstelwerk aangewend word.

Daar is nog stalletjies beskikbaar teen R150 per stalletjie en besprekings kan by Marietjie Greyling by 082 450 8222 gedoen word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button