BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Kritiek Aster — Affêre

Dit voel amper-amper soos 'n Hunter S Thompson affêre.

Olivetti 45 — Verbeel jou: Jy wil stil inglip, die band interview en dan voertsek, want jy’s moeg.

In plaas daarvan het jy ‘n uitval met Meneer die Eienaar se Mevrou, terwyl jy met die band gesels neem ‘n half ongeskikte man oor en fêns maak links en regs ‘n oorlas van hulleself, en jy bly tot aan die einde want die band room is cool, die drank het nooit gevloei nie en die ongeskikte man help jou met ‘n ideale spot vir foto’s.

Die aand was enig in sy soort vir Astertjie. Ek het nog nooit gesukkel om as Joernalis van Daai Koerant toegang by die deur te kry nie, en Vrydagaand was ‘n eerste. Die man by die deur het my skeef aangekyk en Mevrou geroep wat my toe ingelig het dat ek onopgevoed, ongeskik en onprofessioneel was. ‘Skuus, Mevrou, ek het julle net ‘n stukkie son gegun.

Ek en metgesel loop toe uit, briesend en skaam, ek bel die redakteur en ons eet Chinese kos. Ek sit nóóít weer my voete dáár nie, maak ek dit duidelik, ek sal níé ‘n sént daar spandeer nie. Ons lui af. Ek maak verskoning teenoor my metgesel en ons kom ooreen ons sal maar buite rondhang tot die band opdaag.

Intussen maak Meneer die Eienaar verskoning en ek glimlag verleë, maar gaan steeds nie in nie.

Band daag op. Haai, Francois, hoe is dit om saam met Dylan Hunt te speel? Francois sê hy weet nie wat ek nóg vir hom kan vra nie, ek sien hom té gereeld. Wynand terg my en vertel almal dat ek so bad*ss is oor ek Mevrou kwaadgemaak het. Glimlag weer verleë. Toe stap die ongeskikte man in, maak aanhoudend verskoning omdat hy gedurende my opname praat, maar praat aanhoudend. Glimlag weer verleë. Ek het nog heelwat vrae, Francois. Glimlag weer verleë want ek’s mos ook ‘n fên, ‘n gelukkige een wat mag nader kom.

Die ongeskikte man is toe nie so ongeskik nie, deel my van en is die breinkrag agter een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse musiekblogs. Dit vertel hy my toe ons uit die band room buitentoe glip vir vars lug. Ons kom ooreen dat ons ‘n paar idees oor ‘n koffietjie sal uitruil en dat ek hom sal email. Hy trek my diep in die gehoor in na die beste spot vir foto’s. Metgesel sing wragtig saam in Afrikaans.

Ek kan my oë en ore nie glo nie. Dit voel amper-amper soos ‘n Hunter S Thompson affêre.

Related Articles

Back to top button