Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Loslippig ‘n groot sukses by NG Culembeeck

Nel is dankbaar vir die blootstelling wat die vertoning vir die gemeente gegee het.

RSG-omroeper Ian Wessels se Loslippig vertoning by die NG Kerk Culembeeck het die gehoor laat skaterlag.

Die vertoning wat as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid gereël is was ‘n sukses, sê gemeentelid Marius Nel. Hy glo dat die sukses aan almal se samewerking te danke is, en hy sonder veral gemeenskapskoördineerder Yolande Kok se bydrae uit.

“Dit het baie gehelp dat die gemeenskap betrokke geraak het. Ons het navrae oor kaartjies vir die vertoning van regoor Roodepoort gekry.”

Nel sê nadat onkostes in ag geneem is, hulle sowat R7 000 ingesamel het vir die gemeente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button