NewsSchoolsUpdate

Gasvryheidstudies eksamen in ‘n japtrap

Impak het as fasiliteerder vir Graad 12-Gasvryheidstudies-eksamens landswyd opgetree.

Hoërskool Bastion is een van vele skole wat by Impak se Gasvryheidstudies-assesseringsgeleenthede gebaat het.

In Junie is die Graad 12-leerlinge se Gasvryheidstudies-eksamens regoor Suid-Afrika deur Impak gefasiliteer, vertel Marietjie Smit, vakhoof van Impak se Ingenieurswese, Tegnologie en Dienste-afdeling.

“Impak Onderwysdiens het ‘n unieke taak wanneer dit by praktiese eksamens kom in vakke soos Gasvryheidstudies.

“Aangesien leerlinge regoor Suid-Afrika en selfs in buurlande woon, verg die aflegging, assessering en moderering van praktiese eksamens baie fyn beplanning.”

Smit het 16 jaar se ervaring in onderwys en het selfs vroeër dié vak by Hoërskool Bastion aangebied.

Vir hul assessering moes kandidate ‘n tafel vir vier gaste dek en twee geregte voorberei en bedien, vertel Smit.

“Op die spyskaart was hoender-roulade met geroomde speksous en Mediterreense groente wat met smaak en finesse aan die assessors bedien is.

“Aangesien daar geen gaste tydens die assessering teenwoordig was nie, is daar van rolspel gebruik gemaak –iets waarin die kandidate ook met vlieënde vaandels geslaag het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button