NewsSchoolsUpdate

Hories-hokkie bereik nuwe hoogtes

Al vier Laerskool Horison se hokkiespanne neem deel aan die D12-uitspeelwedstryde.

Die hokkiebokkies van Laerskool Horison weet hoe.

Al vier hulle hokkieligaspanne het deurgedring na die finale rondte van die D12-uitspeelwedstryde, sê skoolwoordvoerder Heide-Marie de Beer.

Die finale rondte is vroeër in September gespeel. Die o.12- en o.13-spanne is as D12-wenners gekroon nadat hulle in die onderskeie eindstryde teen Constantia Kloof Primary met 4-0 en 5-0 gewen het. Die o.13-hokkiespan was ook die ligawenners. Volgens Nelie Kok, o.13-afrigter en hokkie-organiseerder is dit die eerste keer in jare dat Horison-leerlinge hierdie besondere prestasie behaal.

“Baie geluk Hories!” sê De Beer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button