Die hokkiebokkies van Laerskool Horison weet hoe.
Al vier hulle hokkieligaspanne het deurgedring na die finale rondte van die D12-uitspeelwedstryde, sê skoolwoordvoerder Heide-Marie de Beer.
Die finale rondte is vroeër in September gespeel. Die o.12- en o.13-spanne is as D12-wenners gekroon nadat hulle in die onderskeie eindstryde teen Constantia Kloof Primary met 4-0 en 5-0 gewen het. Die o.13-hokkiespan was ook die ligawenners. Volgens Nelie Kok, o.13-afrigter en hokkie-organiseerder is dit die eerste keer in jare dat Horison-leerlinge hierdie besondere prestasie behaal.
“Baie geluk Hories!” sê De Beer.