
Laerskool Horison se junior koor het tydens die afgelope Rak Kunswedstryd uitgestaan.
Die koor bestaan uit Graad 1 tot 3-leerlinge en is onder leiding van Juffrou Antoinette Kotze, sê skoolwoordvoerder Heide-Marie de Beer.
“Ons spogkoor is as die algehele wenner in junior koor-kategorie tydens die Rak-wedstryd aangewys.
“Die standaard tydens die kunswedstryd was baie hoog en Horison het ook twee diplomas ontvang.
“Só het hulle hul plek as algehele wenner verseker,” het De Beer gesê.
Die koor word deur Elma Nieuwenhuizen begelei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!