Latest SportSport

Topstoeiers in SA uit Die Ruiter

Dít wil gedoen word

Agt van die topstoeiers by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behoort aan Die Ruiter Stoeiklub in Roodepoort.

Die klub, wat al 50 jaar bestaan en meer as 50 stoeiers tans oplei, was voorheen in Durban Deep geleë maar word nou vanuit Hoërskool Roodepoort bedryf. Afrigter Dean van Zyl deel sy trots op die stoeiers wat vroeër in Oktober ‘n rits medaljes gewen het by die Jeug- en Junior Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe.

“Baie geluk aan ons agt stoeiers wat aan die kampioenskappe deelgeneem en teruggekom het as medaljewenners,” sê hy.

Altesaam is tien medaljes deur die sterspan ingepalm wat bestaan uit Nicole Pretorius (goud), Anuschka Kriek (brons), Patricia Theledi (goud), Andries van Aswegen (twee goud), Clinton de Beer (brons), Jandré Venter (goud en silwer), Machiel Grobler (brons) en Michael Gates (silwer).

Verder het die klub op 18 Oktober aan die Sentraal Gauteng Klub- en Medaljekampioenskappe deelgeneem en as algehele wenners uitgetree.

“Ons is nou die nommer een-klub in Sentraal Gauteng en ons is baie trots daarop,” sê Van Zyl.

Nege stoeiers uit die klub sal op Saterdag 25 Oktober deelneem aan die Noordvaal liga.

Vir meer inligting oor die klub kontak Sylvia van Zyl by 082 850 9871.

Related Articles

Back to top button