NewsSchools

Pieter Koen tree saam met Havies op

Fees van vermaak.

Op 23 Julie het Laerskool Dr. Havinga se Junior en Senior kore die voorreg gehad om op te tree saam met Pieter Koen en Foyer Produksies by Suiderlig NG Gemeente in Krugersdorp.

Foyer Produksies bied elke jaar ‘n koorfees aan saam met een van die land se bekendste sangers. Elke koor word die geleentheid gebied om hul skool aan die gehoor bekend te stel deur ‘n seremoniemeester, wat een van die koorlede is, en lewer dan ‘n repertoire van drie tot vier liedere.

Aan die einde van die aand lewer die gaskunstenaar’n vertoning waarna al die betrokke skole se kore aan ‘n massakoor deelneem saam met die kunstenaar.

Pieter Koen was voorwaar ‘n treffer onder jonk en oud. Almal het geskaterlag vir die sanger van Skud jou Biscuit faam se pittige sêgoed en danspassies.

Die Havie kore sien uit na ‘n vol program in die derde kwartaal, van optredes in die Staatsteater vir die Tswane Jeug Kunstefees tot die finaal van Sing in Harmonie, die kompetisie wat KYKnet aanbied.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button