Local newsNews

Blydskap deur al die hartseer

Ek wou iets vir die kinders doen, nie vir die ouers nie.

Ongeveer vyf maande gelede het die Van der Walt-gesin finansieel deur ‘n moeilike tyd gegaan. Hulle lewe het in duie gestort nadat hulle alles verloor het.

Met ‘n kind reeds op skool en ‘n tweede tweeling op pad, het Melissa egter nie agteroor gesit nie, sy het besef hoeveel ander mense in dieselfde bootjie is.

Nadat haar dogter, ‘n leerling van Laerskool Claremont , elke dag huis toe kom en vertel hoe die juffrou haar gehelp het met ‘n toebroodjie, of ‘n baadjie gedurende die koue dae of soms ‘n potlood of ‘n pen, het sy besef sy moet inspring en die ander leerlinge ook help.

“Elke oggend en middag sien jy kinders hardloop en speel, maar niemand sien wat regtig aangaan as dit huistoe gaan tyd is nie,” sê Melissa. “Tagtig persent van die kinders se ouers kry swaar. Hul klere is verniel, skoolboeke word in plastieksakkies gedra en hoewel die kinders ‘n ete by die skool kry, is dit dikwels nie genoeg nie. My hart het gebreek en wetende dat ons ook deur ‘n moeilike tyd gaan, wou ek iets doen om die lewe net ‘n bietjie makliker te maak.”

Sy sê sy weet mense dink omdat hulle in Claremont bly is almal verslaaf aan dwelms of drank, maar dit is nie die geval nie. “Ek wou iets vir die kinders doen, nie vir die ouers nie want kinders het nie ‘n begrip van oorlewing nie,” vertel Melissa. Sy voeg by dat hoewel sy ook nie veel het om te gee nie, pak sy elke dag ‘n ekstra toebroodjie vir ‘n honger maatjie in.

OP Maandag 23 November het Melissa ‘n onverwagse, maar ook verrassende oproep van die Dischem Foundation gekry. “Hulle het gesê hulle gaan ons help en sal sakke met die nodige skryfbehoeftes, boeke, lekkergoed en ‘n skooltassie skenk. ‘n Bekende en gewilde radiostasie, 94.7FM het ook gesê hulle gaan help en alles is aan die sowat 270 kinders op Donderdag, 26 November uitgedeel.”

Melissa sê sy is verheug oor die donasie want die kinders en ouers hoef nou nie bekommerd te wees om goedjies bymekaar te kry vir volgende jaar nie.

Die Record vra verskoning vir die slegte klank.

https://www.youtube.com/watch?v=PcuPuFn0B0U&feature=youtu.be

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button