![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2016/09/JUKSKEIWIONHORNDEVA_68025.jpg)
Hoërskool Bastion se jukskeispelers het ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug.
Die 0.16A-seunspan het onlangs aan die Direkteurstoernooi in Pretoria deelgeneem en met ‘n tweede plek weggestap.
![Die o.16A-seunspanlede is Wion Horn, Dilan Bouwer, Devan van der Velde, Liza Rinke (afrigter), Dylan Erasmus en Michael Lombard. Fotos: Verskaf](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2016/09/JUKSKEIU16SPAN_77831-520x390.jpg)
Wion Horn en Devan van der Velde is as die presteerders van die dag aangewys, waarvoor hulle elkeen ‘n gouemedalje ontvang het.
Die o.16A-seunspan het bestaan uit Wion, Devan, Dilon Bouwer en Dylan Erasmus. Hulle het gekwalifiseer om aan die Direkteurstoernooi deel te neem toe hulle as die ligawenners aangewys is.
![Die lede van die o.16 gemengde span is Monique du Plessis, Diané Erasmus, Matuschka de Jager en Michael Lombard.](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2016/09/JUKSKEIONDER16GE_73865-520x390.jpg)
Matuschka de Jager, Monique du Plessis, Diané Erasmus, Michael Lombard en Mario Ragni het as ‘n gemengde span in die o.16- kategorie deelgeneem en het die liga met ‘n tweede plek afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!