Editor's choiceLocal newsNews

Sneeukoningin 2-vrystelling in styl gevier

Sneeukoningin 2 karakters vermaak ieder en elk in winkelsentrum

Die Sneeukoningin 2 is op 25 November in fliekteaters landwyd vrygestel en om die geleentheid te vier, het twee van die film se karakters fliekgangers vermaak.

Orm, Theo Kuhn, Maryke Oelofse en Luta.
Orm, Theo Kuhn, Maryke Oelofse en Luta.

Die karakters, Orm en Luta, het by die Nu Metro-fliekteaters besoek afgelê en fliekgangers – oud en jonk – was vreeslik opgewonde om ‘n foto saam met hulle te neem.

Die film is gebaseer op die oorspronklike sprokie, Snow Queen, wat deur Hans Christian Andersen in 1845 geskryf is. Dit handel oor die goeie en slegte dinge wat ‘n seuntjie en dogtertjie aanpak. Die les in die film is eenvoudig – jy kan nie vriende, geluk en ware liefde deur bedrog bekom nie.

Orm, Ashton Dos Reis en Luta.
Orm, Ashton Dos Reis en Luta.

Die film, wat beloof om ‘n groot treffer by oud en jonk te wees, spog met oorspronklike liedjies van Leah asook Johan Vorster. Die stemme van die karakters is dié van bekende akteurs soos Pierre Breytenbach, Christine Voorendyk, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Heidi Mollentze, Leila Etsebeth en Anton Dekker.

Armand Martins, Ram se nuwe Graad 2-Kultuurleerling. Foto: Annie Nolan
Armand Martins, Ram se nuwe Graad 2-Kultuurleerling. Foto: Annie Nolan

So, as jy in jou kinders se goeie boekies wil wees, maak seker jy neem hulle na die naaste fliekteater om na Die Sneeukoningin 2 te gaan kyk.

Vir meer fotos kliek hier.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button