Editor's choiceLocal newsNews

Sterre skitter by première

Groot opgewondenheid by Jou Romeo se première

Die première van die film Jou Romeo is op 1 Desember by die Ster Kinekor-teater in Cradlestone-winkelsentrum aangebied.

Die gaste was almal baie opgewonde en het die tema – Kies jou kliek – baie ernstig opgeneem. Daar was bleeksiele, sportsterre, rockers en pom-pommeisies net waar jy kyk.

Elani en Anita Dekker en Johnny Potsanyani.
Elani en Anita Dekker en Johnny Potsanyani.

Die gaste het baie daarna uitgesien om die film voor die amptelike vrystelling daarvan in teaters op 23 Desember te sien. Die aand is nog meer spesiaal gemaak deur die akteurs wat ook die première bygewoon het.

Jou Romeo is ‘n film wat romanse, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding, liefde en Shakespeare vier. Dit vertel die storie van twee drama-entoesiaste by Hoërskool Monument wat alles in hul vermoë sal doen om hul droomproduksie te laat realiseer – selfs al moet hulle die hulp van die populêrste seun in die skool inroep.

Mari Molefe van Heerden en Zak Hendrikz.
Mari Molefe van Heerden en Zak Hendrikz.

Elani Dekker (Yvette), Christopher van der Westhuizen (Tyler) en Ruan Wessels (Marko Marais) vertolk die hoofrolle in die film en is baie in hul skik met die eindresultaat. “Volgens my is die belangrikste boodskap van die fliek dat jy altyd moet probeer om jou beste te wees, en vergeet van die klieks of groepe waarin mense hulself bevind. Ek dink mense moet na Jou Romeo gaan kyk, want dit is regtig oulik en snaaks. Gehore sal die reis geniet waarop die karakter gaan,” het Ruan gesê.

Volgens Elani is dit vir haar wonderlik dat sy die geleentheid gekry het om ‘n hoofrol in die film te vertolk. “Alles is vir my net so wow! Elke dingetjie wat ons gedoen het, was vir my ‘n eerste, en dit is vir my so ‘n groot eer om saam met al die akteurs asook die regisseur André Velts te kon werk. Dit is vir my ‘n droom wat bewaarheid is om saam met hierdie wonderlike mense die mooi storie van Jou Romeo te kon vertel,” het sy gesê.

Elani Dekker en Ruan Wessels is die twee hoofkarakters.
Elani Dekker en Ruan Wessels is die twee hoofkarakters.

Die film gaan oor sport, hope pret, ‘n hart gevul met Shakespeare asook avontuur en liefde, en beloof om oud en jonk vasgenael voor die skerm te hou.

Vir meer fotos kliek hier.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button