Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek bied ‘n helpende hand

Skooltassieprojek help digby 5 000 leerders vanjaar

Talle leerlinge kon hulle eerste skooljaar op gelyke voet met hulle maatjies afskop, danksy Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek.

Dit was om ’n hele paar redes nog altyd Gauteng-Suidstreek se vlagskipprojek. Die belangrikste rede is egter die glimlaggies en blink ogies van die leerders en die ongelooflike dankbaarheid van die skoolhoofde en -juffrouens. Jaar na jaar bly dit ’n voorreg om ’n verskil te maak.

Die Skooltassieprojek is nou in sy 10e jaar en het al meer as 30 000 kinders gehelp deur ’n skooltassie met die nodigste skoolbehoeftes aan hulle te verskaf. Vanjaar word 4 600 skooltassies aan behoeftige kinders in 158 skole oor die land heen uitgedeel. In Gauteng-Suid is daar 880 tassies by 17 skole uitgedeel.

Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suidstreek wil hiermee ook hul dankbaarheid teenoor die gemeenskap betuig wat dit vir hulle moontlik maak.

Indien jy skryfbehoeftes wil skenk, e-pos asseblief vir Adele Kruger by adele@helpendehand.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button