![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2017/02/DSC_0242_85865.jpg)
Laerskool Roodekrans het nege nuwe personeellede ryker geword.
Theolene Pienaar, die skakelbeampte van die skool het gesê dat hulle baie opgewonde is om die nuwe onderwysers tot die Roodie-familie te verwelkom.
Die nuwe onderwysers is slaggereed om al die nuwe verantwoordelikhede en uitdagings wat die nuwe onderwysloopbaan hulle mag bied, aan te pak. Hulle is Quintis Writes, Leané Kotze, Charmaine van Eyssen, Carine Oosthuizen, Monique Gordon, Neldia Pretorius, Yolandé Botha en Johalize Bushney.
“Ons glo en vertrou dat hulle vinnig by die Roodie-familie sal inpas en dat hulle baie gelukkige jare by ons skool sal beleef,” het Theolene afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!