![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2017/02/DSC_0521_42519.jpg)
Hoërskool Bastion het onlangs die VLR Dagbestuur tydens die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) se inhuldigingseremonie aangekondig.
Die groep bestaan uit 10 leerders wat as die kommunikasieskakel tussen die leerders en die onderwysers van die skool dien. Hulle is ook verantwoordelik vir verskeie projekte, wat liefdadigheids- en fondsinsamelingsprojekte insluit. Die VLR-leerders is ook verantwoordelik vir die handhawing van dissipline in hul onderskeie klasse en ook om die onderwysers daarmee te help.
Die dagbestuur bestaan uit Riaan de Jager (voorsitter), Kayla Watson (ondervoorsitter), Franzelle Mertz (sekretaresse), Arno van Zyl (tesourier) en Zoë van der Plank (bemarking en skakeling). Een leerder uit elke graad is as addisionele lede aangewys, en hulle is Eben de Bod (Graad 12), Nina Erasmus (Graad 11), Juan Alberts (Graad 10), Rynhardt Venter (Graad 9) en Elrisca Mertz (Graad 8).
Petru van Zyl, wat die VLR-voog is, is baie opgewonde oor die groep leerders wat verkies is, en het gesê, “Hierdie is ‘n sterk en verantwoordelike groep. Ons is positief dat hulle Hoërskool Bastion vorentoe sal vat.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!