Lantern-atlete se prestasies vir die rekordboeke
Lantern Skool eindig eerste by atletiekbyeenkoms

Lantern Skool se atlete het die geskiedenisboeke gehaal tydens die onlangse Prestige-atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms het in Sasolburg plaasgevind en 17 van Gauteng se skole vir buitengewone onderwys (LSEN-skole) het deelgeneem. Lantern Skool het die byeenkoms met ‘n algehele eerste plek afgesluit.

Volgens Rina la Grange van die skool, is dit voorwaar ‘n puik prestasie, aangesien hulle verlede jaar ‘n sesde plek behaal het. “Baie geluk aan al die afrigters en atlete met hierdie puik prestasie,” het sy gesê.


Tydens hierdie byeenkoms, het 16 van die atlete vir deelname aan die Buitengewone Onderwys Atletiek Kampioenskappe (BOAK) gekwalifiseer wat ook in Sasolburg sal plaasvind. Hulle is Crystal-Ann Mogase (o.19), Alesia Ellerbeck (o.19), Karabo Sebati (o.19), Rick Mabe (o.17), Liam Symons (o.17), Karabo Diphko (o.17), Chante Labuschagne (o.17), Sisa Simani (o.16), Lanaster Rademeyer (o.16), Keanu de Silver (o.16), Kyle de Silver (o.16), Othusitse Mmereki (o.16), Joanne Tettey (o.16), Neo Ramafikeng (0.15), Lebogang Sekano (0.15) en, Ethan Singh (0.15).
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!