
Hiermee wil ek graag my opregte dank bring aan drie baie bedagsame en hulpvaardige jongmense wat aan my hulp verleen het sonder om te huiwer.
Ek het ‘n pap motorband gehad in die parkeerarea van Flora Kliniek en hulle het dit sonder huiwering vir my omgeruil met die spaarband.
Jammer dat ek nagelaat het om hulle name te vra, maar ek wil weereens baie dankie sê. Met sulke jongmense is daar gewis hoop vir die toekoms.