NewsSchools

Kruiner-netbalspelers mik hoog

Drie meisies deur na vierde rondte.

Drie lede van Laerskool Helderkruin se eerstenetbalspan het aan die Gauteng D12-netbalproewe deelgeneem en baie goed gevaar.

Liezl Cloete, Mariska O’Connor en Jordan Jansen van Rensburg het na die vierde rondte van die proewe deurgedring wat op 20 Maart by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind het.

Volgens die netbalmeisies se afrigter het die drie hul harte by die proewe uitgespeel. Nou wag hulle in spanning vir die uitslae.

Hanli-Mari Olivier, die skakelbeampte van die skool het gesê dat die drie meisies alreeds uitstekend presteer het. “Ons is baie trots op die meisies wat aan die proewe deelgeneem het en hou vir hulle styf duim vas. Ons glo dat die uitslae gunstig sal wees,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button