
Die kans dat ‘n Hoërskool Bastion-netbalspeler se naam na die afgelope proewe in die Gauteng-span kan verskyn, is baie goed.
Zanelle McKittrick, Marine Lamprecht, Chinique Pretorius, Thelma Ngake en Calené Breedt was deel van die D2-span wat aan die Gauteng-proewe by Hoërskool EG Jansen in Boksburg deelgeneem het.
Lees ook: Hoërskool Bastion sterk aan vir die toekoms
Die meisies het hul harte uitgespeel en hul heel beste gegee om deur die keurders raakgesien te word.
Die uitslae van die proewe is nog nie bekend nie, maar die skakelbeampte by die skool, Monique Naudé het gesê dat hulle baie trots op die leerders is. “Ons is baie trots op die prestasies wat hulle reeds behaal het en is baie opgewonde om te sien wat hulle verder gaan vermag,” het sy afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
One Comment