Inskrywings vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se jaarlikse Mnr en Mej Kansa-kompetisie is nou oop.
Dié kompetisie is bedoel vir almal ouer as drie jaar en daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word.
Die spoggeleentheid vind op 5 Augustus by die Silverstar Ballroom aan die R28 in Muldersdrift plaas. Diegene wat belangstel om deel te neem kan op die betrokke dag vanaf 1nm registreer. Die kompetisie begin om 2nm. Inskrywings beloop R250 per persoon en toeskouers se toegang beloop R40 vir volwassenes en R20 vir kinders.
Vir meer inligting oor die kompetisie en vir inskrywingsvorms, kontak Ester Pretorius by 011 768 4342 of stuur ‘n epos na epretorius@cansa.org.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!