Hoërskool Bastion se netbaltrots
Twee spelers in Gauteng-oefengroep opgeneem

Twee van Hoërskool Bastion se netbalspelers het na die finale rondte van die Gauteng-proewe deurgedring.
Vyf van hul netbalspelers het aan die vorige rondte proewe deelgeneem waarna Chinique Pretorius en Calené Breedt (kaptein van die eerstenetbalspan) in die Gauteng-oefengroep opgeneem is.
“Dit is ‘n groot prestasie vir die skool se netbal. Dit toon duidelik die verbetering waarna ons die afgelope twee jaar streef en is die resultaat van ons aanhoudende harde werk,” het Elmari van der Vyver, die skool se netbalorganiseerder gesê.
Chinique (o.14) en Calené (o.18) sal op 6 Mei by Hoërskool EG Jansen in Boksburg aan die finale rondte proewe deelneem.
“Ons wens albei hierdie spelers alle sterkte toe en weet dat hulle nie net hulself nie, maar ook vir Hoërskool Bastion trots sal maak,” het Monique Naudé, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
One Comment