![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2017/04/17498478_2814775122_28657.jpg)
Die onderwysers en leerders van Hoërskool Florida het hul eerste kwartaal met ‘n fees van kleur afgesluit.
Die leerders is vir hul harde werk in die eerste kwartaal met ‘n Colour Fest beloon en hulle (en die onderwysers) het die geleentheid aangegryp om hul ware kleure te wys.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/04/17457956_2814775156_19804.jpg)
“‘n Kaleidoskoop van kleure het deur die lug gevlieg en aan elke deelnemer ‘n unieke voorkoms besorg. Die leerders was onherkenbaar, hul klere herontwerp en ja, selfs die onderwysers het deurgeloop! Wat is nou lekkerder as ‘n georganiseerde chaos waarin jy opsetlik vuil kan word?” het Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte gesê.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/04/17553677_5958250239_66924.jpg)
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/04/17634564_2814775722_24768.jpg)
Volgens Morné was die aand ‘n groot sukses en elkeen wat deelgeneem het, het die geleentheid om nuwe herinneringe te skep, ten volle benut.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!