Editor's choiceNewsSchools

Florries gee terug aan die gemeenskap

Graad 11-leerders skenk komberse aan Fora

Die Graad 11-leerders van Hoërskool Florida is deur die skool uitgedaag om gedurende die jaar meer by die gemeenskap betrokke te wees.

Van links: Jared Heisman, Peter Graaff en Kelsey Graaff.

Een van die klasse, 11 E, het besluit om hulp aan die Friends of Rescued Animals (Fora) in Luipaardsvlei hulp te verleen.

Die groep het onlangs die skuiling besoek en het nie net tyd saam met die diere spandeer nie, maar ook welkome geskenke vir hulle saamgeneem.

Peter Graaff (links) en Jared Heisman.

Hulle het ‘n kontantdonasie, komberse, asook ou koerante aan die baie dankbare Fora-personeel oorhandig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button