Skryf nou in vir Mnr en Mej Cansa
Skryf nou in vir dié jaarlikse kompetisie

Inskrywings vir die jaarlikse Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) se Mnr en Mej Cansa-kompetisie is nou oop.
Dié kompetisie is bedoel vir almal ouer as drie jaar en daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word:
• Mej Tiny (3–5 jaar)
• Mej Cansa Junior (16–18 jaar)
• Mej Petite (6–9 jaar)
• Mej Cansa Senior (19 jaar en ouer)
• Mej Pre-Teen (10–12 jaar)
• Mej Teen (13–15 jaar)
• Mnr Cansa Junior (3–12 jaar)
• Mnr Cansa Senior (13 jaar en ouer)
Die spoggeleentheid vind op 5 Augustus in die Silverstar Ballroom aan die R28 in Muldersdrift plaas.
Inskrywings beloop R250 per persoon (tot en met 4 Augustus), maar sou jy op die betrokke dag (5 Augustus) registreer, kos dit R300. Registrasies kan vanaf 1nm op 5 Augustus gedoen word, en die kompetisie begin om 2nm. Toegang vir toeskouers beloop R40 vir volwassenes en R20 vir kinders.
Vir meer inligting oor die kompetisie en vir inskrywingsvorms, kontak Ester Pretorius by 011 768 4342 of stuur ‘n epos na epretorius@cansa.org.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!