Editor's choiceNewsSchools

Roodies se eie filmster

Lehan vertolk die rol van Waylon

Laerskool Roodekrans spog met hul eie filmster, die Graad 6-leerder Lehan Kruger.

Lehan vertolk die rol van Waylon in die nuwe Afrikaanse film, Nul is Nie Niks Nie wat landswyd op 7 Julie in alle Nu-Metro- en Ster Kinekor-teaters begin draai.

“Ons is baie trots op Lehan en as ‘n beloning vir elke Roodie wat hierdie kwartaal so hard gewerk het, sal ons die film op 29 Junie in die skoolsaal vertoon,” het Annemarie van Biljon van die skool gesê.

Sy het ook elkeen wat nie die film op die 29ste gaan sien nie, aangemoedig om gedurende die Julie-vakansie daarna te gaan kyk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button