Editor's choiceNewsSchools

Lente met ‘n pretdraf gevier

Groot pret tydens Roodies se eerste pretdraf

Die ouers, leerders, onderwysers en lede van die gemeenskap het groot pret gehad tydens Hoërskool Roodepoort se pretdraf wat op 2 September plaasgevind het.

Dié geleentheid, wat die eerste van sy soort by die skool was, het die lente op ‘n gepaste wyse verwelkom. Die deelnemers, wat in groot getalle opgedaag het, kon kies tussen drie afstande af te lê – twee kilometer, vier kilometer of agt kilometer. “Die leerders, ouers en gemeenskap het ons skool goed ondersteun met hul betrokkenheid,” het Sandrie van Graan, die skool se skakelbeampte gesê.

Agter: Nolene Vilonel en Elana Kuys. Voor: Marlene Boessenkool by die eindstreep.

Elke deelnemer se veiligheid is gedurende die wedloop verseker deur vrywilligers wat as roete-aanwysers opgetree het. “Die Johannesburgse Metropolisie het ook die deelnemers op die roete vergesel, en verseker dat hulle die wedloop veilig kon voltooi,” het Sandrie gesê.Die dag het om 10.30vm geëindig, en die wenners van elke afstand het ‘n trofee ontvang. Elke deelnemer het ‘n medalje ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button