Editor's choiceNewsSchools

Studente stel kookvernuf ten toon

Funksie vorm deel van studente se prakties

Drie van Hoërskool Florida se onderwysers het onlangs die Universiteit van Johannesburg (UJ) se School of Tourism and Hospitality (STH) High Tea-funksie bygewoon.

Dié funksie word vir al die Gasvryheid- en Toerisme-onderwysers aangebied, waartydens hulle met heerlike eetgoed bederf word wat deur die tweedejaar-studente voorberei is. Die voorbereiding en aanbieding van hierdie eetgoed vorm deel van die studente se prakties vir hul diploma- of graadstudies.

Die dag het nie nét oor lekkernye gegaan nie, die gaste het ook meer geleer oor die kursusse wat die STH aanbied. Die STH is deel van die College of Business and Economics, en al hul kwalifikasies word wêreldwyd erken.

Die onderwysers wat die funksie bygewoon het, het gesê, “Dit was voorwaar ‘n leersame middag met keurige verversings”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button