Editor's choiceNewsSchools

Roodies los spore op die verhoog

Spore-reis vermaak gehoor

Daar was ‘n gees van afwagting en opgewondenheid tydens Laerskool Roodekrans se revue op 19 September.

Elke leerder wat daaraan deelgeneem het, kon nie hul gretigheid om op die verhoog te gaan, beteuel nie en die toesighouers in die wagklasse het hul hande vol gehad.

Vir ‘n voorsmakie van wat op die verhoog sou gebeur.

Die revue – Roodies los spore … kom volg ons reis! – het die gehoor uit die staanspoor in vervoering gehad. Die Roodie spore-reisverhaal skop af met Pietjan-Adriaan van der Westhuizen en Karlienkie, twee eensame mense wat op soek is na die dieper dinge in die lewe én na ‘n plek waar hulle ‘n verskil kan maak. Dié twee loop mekaar raak, en besef dat hulle dieselfde doel voor oë het, en dis net hier waar hulle besluit om saam na ‘n plek te gaan soek waar hulle spore kan laat. En, so ontstaan die spore-reis.

Hulle deurkruis die land en telkens wanneer hulle by ‘n nuwe bestemming aankom, ontmoet hulle mense wat dieselfde begeerte het. Gevolglik word die reisgeselskap al hoe groter.Dié reis ontvou verder en die reisgeselskap beleef ‘n paar interessante, maar ook emosionele, ervarings. Hulle besef die reis is nie net een waar hulle vir mekaar en ander omgee nie, maar hulle leer ook om mekaar te respekteer en verantwoordelikheid te aanvaar.

(WEB) Die vertoning is deur spesiale gaste bygewoon – oudonderwysers en ‘n voormalige hoof.

Mariska Visser, die skrywer van die teks, het gesê dat Laerskool Roodekrans ‘n waardegedrewe skool is, en dat die revueteks elke waarde illustreer. “Al die deelnemers en elke lid van die gehoor het baie lesse uit die revue geleer – al singend en dansend. Dit was werklik ‘n skouspel van formaat wat klank en beligting betref,” het sy gesê.

Die hoof, personeel, leerders en elke lid van die gehoor het die revue geniet. “Ons is baie dankbaar vir die genot en sukses wat die Spore-reisrevue bereik is,” het die skoolhoof, Deon Rousseau afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button