![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2016/12/Your-Voice-2015.jpg)
Graag wil ek ‘n getuienis met julle deel oor Roodekrans Laerskool wat ander ouers kan hoop gee.
Ons oudste seun is amper twee jaar terug oorlede. In Augustus hierdie jaar het ons besef dat ons ons jonger seun na ‘n ander skool moet oorskuif aangesien hy geboelie is.
Ons het Deon Rosseau van Laerskool Roodekrans genader. Van die eerste oomblik af was daar net ‘n rustigheid, passie en liefde by hom vir ons kind. Twee dae later het ons ons seun oorgeskuif.
Wat ‘n wonderlike kontras. Van dag een af is ons kind op soveel vlakke ingeskakel dat sy aanpassing sorgvry gebeur het. Die passie en liefde van die onderwysers en hoof het talle kere my grootste verwagting en drome vir ons kind oortref.
Ons kind kon net paar krieketoefeninge bywoon aangesien hy siek geword het. Hulle het hom steeds in foto’s en by die prysuitdeling ingesluit. Daar is selfs vir hom krieketklere geleen om saam met die span afgeneem te word. In vandag se lewe is dit moeilik om skole te kry wat die taak as ‘n roeping en nie net ‘n werksgeleentheid sien nie. By Roodekrans is dit definitief ‘n roeping. Die respek en liefde waarmee die kinders geleer word skep ‘n kultuur waar kinders deel voel en hul onderwysers respekteer. Met al die negatiewe berigte en kritiek in vandag se lewe wil ons graag eer gee vir ‘n hoof en sy skool wat uitleef waarvoor hulle staan – ‘n passie vir kinders en hul individuele ontwikkeling. Dankie, Deon Rosseau en personeel.