Laerskool Florida se leerders het baie goeie prestasies gedurende die jaar behaal – op akademiese sowel as sportgebied.
Hier is ‘n paar van die uitblinkers:
• Carla Blom, ‘n Graad 3-leerder, het aan die Mental Maths Distrik-kampioenskappe deelgneem.
• Ashley Willemse, ‘n Graad 5-leerder was ‘n lid van die D12-hokkiespan.
• Terrence en Johnny Esterhuizen het aan die SA Jeugstoeikampioenskappe deelgeneem, en onderskeidelik ‘n silwer- en gouemedalje verower.
• Raquel Njela was ‘n lid van die o.12 Gauteng Netbalspan.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!