Editor's choiceLocal sportSport

Fondsinsameling met ‘n verskil

Stoeiers klim in die kryt vir ‘n goeie doel

 

Die stoeiers van die Honour Wrestling Association (HWA) het die skare op hulle voete gehad tydens hul onlangse vertoning by Laerskool Florida.

Dié vertoning was ten bate van ‘n operasie vir die 10-jarige Tytan Swarts. Weens verkorte Achilles-senings kan hy glad nie platvoet loop nie, en net die operasie sal hom in staat stel om weer saam met sy maats te speel en hardloop.

Steve Eden en Tytan Swarts. Foto’s: Adéle Bloem

Die dag se aktiwiteite is deur die dansers van Fusion Dance International afgeskop. Daarna het die HWA-stoeiers hul verskyning gemaak het, en hul aanhangers was op hul voete. Hector Payne, Harliquinn, Azazel, Gravity, The Ripper, Cyclone en The Bandit het die skare behoorlik laat opwarm vir die hoofgeveg – ‘n drierigtinggeveg tussen Hector Payne, Mr Money en die Suid-Afrikaanse kampioen, Steve Eden.

Heel aan die einde is daar ook ‘n Goue Leeus-rugbytrui opgeveil wat deur al die spelers geteken is. Hendrik Jacobs het danksy sy bod van R3 200 die trotse eienaar van dié trui geword.

Leoni Bekker, die eienaar van Die Windpompie, was oorstelp van vreugde. “Dit was vir my ‘n belewenis om te sien hoe ‘n gemeenskap nog kan saamstaan. Elke familielid, vriend, maatskappy en instansie vir wie ek Tytan se storie vertel het, was meer as gewillig om hul harte en beursies oop te maak.

So kan ek vandag hier staan en sê, 50 dae nadat ons met die projek begin het, het ons ons doel bereik,” het Leoni gesê.”

The Bandit na die geveg.

Steve, die organiseerder van die fondsinsamelingsprojek, was baie tevrede met die uitkoms en het gesê, “Toe ons van Tytan se situasie gehoor het, het ons nie twee keer gedink om te help nie, want ons leef vir kinders. Ek glo dat elke sportster alles in hul vermoë moet doen om te help waar hulle kan. Ek onthou toe ek jonk was, het ek altyd na my sporthelde opgekyk. Dit was so ‘n groot eer om jou held se handtekening te kry, en ek sal altyd alles in my vermoë doen om ‘n verskil in ‘n kind se lewe te kan maak.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button