Editor's choiceNewsSchools

Havies skitter tydens distrikprysuitdeling

Havies stap weg met top toekennings

 

‘n Onderwyser en leerder van Laerskool Dr Havinga is tydens die afgelope D12 Sport-, Jeug- en Kultuurprysuitdeling vereer.

Die funksie het by die Albertina Sisulu Special School in Orlando-Wes plaasgevind.

Heinrich Jacobs is as die Sportseun van die Jaar aangewys.

Heinrich Jacobs, ‘n Graad 7-leerder, was vir die toekenning as Sportseun van die Jaar in die kategorie vir laerskole genomineer, en het met die eerste plek weggestap.

Retha van der Walt is as die Sportadministrateur van die Jaar aangewys. Foto’s: Verskaf

Retha van der Walt was vir die Sportadministrateur van die Jaar-toekenning genomineer, en ook sy het met ‘n eerste plek weggestap. In die kategorie vir Sportkode van die Jaar het sy derde geëindig. Sy het hokkie verteenwoordig.

“Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle,” het skoolhoof Leon Visser gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button