Editor's choiceLatest SportSport

Dié pluimbalklub is nog baie aktief

'Ons sal graag nog meer spelers wil kry'

 

“Ons Pluimbalklub het nou so 10 lede, maar ons wil graag hê dat nog mense aansluit,” het Sarie Webster gesê.

Sy is die Esmerelda Pluimbalklub se tesourier en speel die afgelope 41 jaar pluimbal. “Toe ons klub net begin het, het ons baie lede gehad, maar mettertyd het van die lede verhuis, van hulle het ander werk gekry en kon nie meer kom speel nie en die span het kleiner geraak. Op die oomblik is al ons lede afgetredenes tussen die ouderdom van 60 en 70,” het sy verduidelik.

Alhoewel hulle nie meer aan ligas of kompetisies deelneem nie, kom hulle elke Dinsdagoggend tussen 9vm en 10.30vm by die Witpoortjie Ontspanningsentrum bymekaar. “Ons speel meestal vir die pret, en na die tyd drink ons tee en kuier saam, so dit is ‘n baie sosiale klub. Ek glo dat mens nie net in jou huis moet bly nie, maar nodig het om ‘n bietjie uit te kom en kontak met ander mense hê. Die pluimbal help ook om jou fiks en aktief te hou,” het sy verduidelik.

Sarie het bygevoeg dat nuwe lede altyd welkom is, maar hulle moet darem ‘n bietjie pluimbalondervinding hê.

“Jy moet darem die pluim met jou raket kan raakslaan. Die res sal baie gou aangeleer kan word,” het sy met ‘n vonkel in haar oog vertel.

Mense wat graag by die klub wil aansluit, of meer inligting verlang, kan vir Sarie by 072 159 8771 kontak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button