Florrie-leerders is nie bang vir ekonomie nie
Ekonomie-leerders reg vir monetêre beleid kommittee uitdaging
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/03/DSC8285_07761.jpg)
Vier van Hoërskool Florida se Ekonomie-leerders gaan aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee (MBK) Skole-uitdaging deelneem.
Wiehann Kruger, Shane Roux, Ancha Venter en Chanté le Roux gaan die rolle van MBK-lede aanneem en moet dan op grond van die ekonomiese aanwysers ‘n verklaring uitreik waarin hulle hul besluit bekendmaak of hulle die repokoers gaan verander, aldan nie.
Skole in al nege provinsies gaan vanjaar vir die eerste keer aan die kompetisie deelneem. Gauteng het 43 skole wat gaan deelneem.
Uiteindelik sal vyf skole na die finale afdeling deurdring waar die leerders hul bevindinge vir die regte MBK-lede moet aanbied.
“Dié vier Florries is trots om hul skool te verteenwoordig en is baie opgewonde om met hierdie taak te begin. Ons wens hulle sterkte toe en weet hulle gaan ons naam hoog hou,” het Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!