Editor's choiceNewsSchools

Tee en klassieke musiek by Florries

Oggendtee ten bate van Hoërskool Florida se musieksentrum

 

Hoërskool Florida het onlangs ‘n oggendtee en musiekuitvoering aangebied.

Die geleentheid was deur die skool se musieksentrum aangebied, en het as fondsinsamelingsprojek gedien. Zanta Hofmeyr (violis) en Charl du Plessis het die gaste vermaak met die uitvoering van bekende musiekstukke, insluitend, Libertango, Oblivion, Adios Nonino, Fields of Gold, Englishman in NY, Misty, The Man I Love, Blue Bossa en Beethoven’s Blues.

Phumzile en Lesedi Molaba het die oggend se aktiwiteite geniet. Foto’s: Lungi Ndimande

Daarna het die Florida simfonie-orkes, onder leiding van Tim Roberts, die geleentheid gehad om die gaste te vermaak met musiekstukke soos Overture to the Royal Fireworks Music, Lullaby of the Drums, Yellow Submarine, The Nutcracker Suite (March, Dance of the Sugar Plum Fairy, Waltz of the Flowers) en Singing in the Rain.

Lisa Pieterse.

Die oggend se aktiwiteite is met heerlike eet- en drinkgoed afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button