![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/03/DSC_0458_95176.jpg)
Laerskool Dr Havinga het onlangs hul jaarlikse kaskar-fondsinsamelingsprojek met groot sukses aangebied.
Die Havies het die dag met die emojis gedeel, en die hele veld was geel. Ouers en leerders is ook met speletjies soos vang ‘n emoji, emoji-pret, en plak ‘n emoji-gesig vermaak.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/03/DSC_0169_87174-520x390.jpg)
Lizelle Kies, die organiseerder, het gesê, “Hierdie jaar het dit as die Visser-fees bekend gestaan, en behalwe vir die kaskarwedrenne was daar ook verskeie stalletjies wat heerlike eet- en drinkgoed verkoop het en tot die feestelike atmosfeer bygedra het”.
Sy het bygevoeg dat die ouers en leerders ook die kans gehad het om groot pryse in gelukstrekkings te wen. “Ons is baie dankbaar vir elke ouer en gemeenskapslid wat as borge opgetree en tot die sukses van die dag bygedra het,” het Lizelle gesê.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/03/DSC_0103_43725-520x390.jpg)
Die dag se aktiwiteite is afgesluit met die jaarlikse personeelresies wat altyd vir groot pret en vermaak sorg.
“Die gevoel van samehorigheid wat deurentyd geheers het, het elke Havie-hart warm laat klop,” het Lizelle gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!