Laerskool Claremont verwelkom nuwe hoof
‘Ek is opgewonde oor die nuwe uitdagings wat voorlê’
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/05/20180426_1122282_10254.jpg)
“Hierdie pos is vir my ‘n geleentheid om my droom uit te leef om al die kinders so te laat ontwikkel sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.
“Ek is baie geseënd en dankbaar dat die beheerliggaam hul vertroue in my gestel het. Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings wat voorlê,” het die 46-jarige Riana Breytenbach gesê.
Sy is op 1 Februarie as Laerskool Claremont se nuwe skoolhoof aangestel, en het so daarvan vertel. “Ek hou die afgelope 23 jaar skool. Ek het my studies by die onderwyskollege in Pretoria voltooi, en my onderwysloopbaan in 1994 by Laerskool Claremont begin, waar ek steeds skoolhou. Ek het dit nog nooit oorweeg om na ‘n ander skool te gaan nie, omdat ek glo dat hierdie die plek is waar die Here my wil hê.”
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/05/20180419_211151_39371-520x390.jpg)
Riana het vertel dat sy graag ‘n paar veranderinge by die skool wil aanbring om haar eie stempel af te druk, maar dat sy dit nie nét sal doen omdat sy nou die nuwe hoof is nie. “Die strukture wat in plek is en nog altyd gewerk het, sal so bly,” het sy gesê.
Haar boodskap aan die leerders, ouers en gemeenskap is eenvoudig, “As skoolhoof streef ek daarna om ‘n skool te skep waar leerders veilig en geborge kan voel. Ek wil leerders op akademiese en kulturele gebied, asook op die sportveld help ontwikkel sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Die belangrikste is dat elke ouer sal besef dat hul kinders vir my belangrik is.”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!