Editor's choiceNewsSchools

Vyf Kruiner-kunstenaars in SA-span

Hulle het sakke vol medaljes by kampioenskappe verower

 

Vyf leerders van Laerskool Helderkruin het aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van Uitvoerende Kunste deelgeneem, en baie goed presteer.

Hulle het Gauteng verteenwoordig en met 15 000 deelnemers van regoor die land gekompeteer. Die leerders het ‘n totaal van 48 medaljes verower.

• Hailey Keys – vyf goud, vier silwer en twee brons

• Leané Nortjé – ses goud en twee silwer

• Dané Herselman – ses goud, vyf silwer en twee brons

• Shanae Lynn – ses goud en een silwer

• Janae Greeff – ses goud en drie silwer

Al vyf leerders is ook na afloop van die kampioenskappe tot die Suid-Afrikaanse span verkies wat in Julie aan die Wêreldkampioenskappe in Kalifornië gaan deelneem.

Hierdie kompetisie het ses afdelings, naamlik dans, drama, sang, instrumente, model en ‘n verskeidenheid toertjies.

“As skool is ons ongelooflik trots op hierdie meisies en ons wens hulle alle sukses toe vir die groot kompetisie. Ons glo dat hulle Suid-Afrika se naam hoog sal hou,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se bemarkingsbeampte gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button