Editor's choiceNewsSchools

Florries neem deel aan teenboelieveldtog

Leerders het hoede, kouse en gordels gedra om die tema uit te beeld

 

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het onlangs by Laerskool Florida besoek afgelê.

Dit het deel uitgemaak van hulle teenboelieveldtog waarmee hulle bewustheid van afknouery in skole wil skep. Dit het inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers ingesluit.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind,” het Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling gesê.

Leandie Bräsler en ‘n Florrie-leerder beeld die wapenrusting van God op die verhoog uit.

Manie Botha van die HeyLei-program, het ook die geleentheid gehad om tydens die skool se teenboelieweek, praatjies vir onderwysers en ouers aan te bied.

Die leerders kon aktief deelneem deur die wapenrusting van God uit te beeld, en kon elke dag van daardie week met ‘n spesifieke kledingstuk skool toe te kom.Leerders kon snaakse, kleurvolle kouse of skoene dra om die skoene van vrede, interessante hoede om die helm van verlossing en unieke gordels om die gordel van waarheid uit te beeld.

“Hier leef ons ons waardestelsel uit, want dit is die kompas wat ons skool in die regte rigting lei. Ons vyf waardes – eerlikheid, omgee, respek, trots en verdraagsaamheid – loop hand aan hand met die teenboelieveldtog. Ons wil kinders leer om hul medemens te respekteer en om vir mekaar om te gee, asook om verdraagsaam teenoor mekaar te wees,” het Renier van Eyssen, die skoolhoof, verduidelik.

Manie het bygevoeg, “Dit bly ’n voorreg om saam met ouers, onderwysers en die gemeenskap hande te vat om afknouery in skole hok te slaan”.

Skole wat by hierdie veldtog, asook leierskapontwikkeling, wil betrokke raak, kan ‘n epos stuur na boelie@afriforum.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button