Kruiner Voortrekkers ontvang besoek van polise
Dit was 'n middag van pret

Laerskool Helderkruin se Voortrekkers het onlangs besoek van spesiale gaste ontvang.
Die polisie se reddings- en honde-eenheid was by die skool om die leerders meer van hulle werk te leer.

Sersant Renier Henning en sy hond, Tyson, wat aan die reddingseenheid verbonde is, het die leerders meer oor die werksaamhede van die eenheid vertel. Hy het aan hulle verduidelik hoe die honde opgelei word om verskillende reddingstake uit te voer, asook hoe hulle vermiste persone opspoor.
Sersant Christel Harmse van die Wes-Randse Honde-eenheid het met die hulp van haar hond, Thabo, aan die leerders gedemonstreer hoe voortvlugtiges agterna gesit word.

Die Voortrekkers het ‘n middag van pret gehad en het ook baie geleer . Hulle het hul dankbaarheid teenoor die polisielede, asook hul viervoetige kollegas uitgespreek.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!