Havie-onderwyser maak dit tien in ‘n ry
Sy ontvang haar groen nommer
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/06/34875678_1723204107762923_2165050399248089088_n.jpg)
Annelize Louw, ‘n onderwyser by Laerskool Dr Havinga, het pas haar 10de Comrades Marathon voltooi en haar groen nommer ontvang.
Sy het gesê dat sy baie hard vir die gesogte groen nommer geoefen het, en bygevoeg dat sy net vanjaar reeds meer as 1 000km afgelê het om te sorg dat sy gereed was vir dié moordende wedloop.
“Ek hardloop al vandat ek sewe jaar oud is, en vir my is elke wedloop ‘n uitdaging. Sommige uitdagings is natuurlik groter as ander, maar die gevoel van oorwinnings wat jy ervaar wanneer jy die wedloop voltooi, kan ek nie beskryf nie,” het sy gesê.
Annelize het nog altyd geglo dat haar eerste Comrades wat sy in 2003 gehardloop het, die hoogtepunt van haar loopbaan was. Na vanjaar se wedloop voel sy anders, en het gesê, “Om my groen nommer na die wedloop te ontvang, oortref dit beslis! My volgende doelwit is om oor tien jaar, as my gesondheid dit toelaat, my dubbelgroen te kry.”
Sy het afgesluit deur haar familie, vriende, kollegas en mede-atlete te bedank vir al hul ondersteuning, en het gesê, “Wanneer jy die Comrades voltooi het, is niks vir jou meer onmoontlik nie!”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!