Editor's choiceLatest SportSport

Wes-Rand stoeiers oppad SA’s toe

Nege stoeiers van die Wesrand Stoei Gimnasium (WSG) het na afloop van 'n oefenkamp vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskappe gekwalifiseer.

 

Die kampioenskappe sal gedurende die Oktober-vakansie in Kaapstad plaasvind. Al die stoeiers gaan in die Vrystyl-kategorie deelneem. Twee van hulle gaan ook in die Grieks-Romeinse kategorie stoei, en almal is reeds besig met intense voorbereiding.

“Ek is baie trots op hierdie stoeiers en is opgewonde om te sien wat hulle kan doen. Ek glo dat elkeen van hulle baie goed tydens die kampioenskappe sal presteer,” het Juan Nel, die WSG-hoofafrigter gesê.

Hy glo dat al die stoeiers oor die vermoë beskik om uiteindelik as ‘n Suid-Afrikaanse kampioen gekroon te word, en het gesê, “Voordat dit kan gebeur, sal elkeen eers sy kant moet bring”.

Die WSG-stoeiers oefen Maandae en Woensdae van 6nm tot 8nm by die Witpoortjie Ontspanningsentrum en almal van vier tot 40 is welkom. Vir meer inligting oor die WSG, kontak Juan Nel by 083 411 3758, Herman Engelbrecht by 084 522 9286 of besoek hulle Facebook-blad (https://www.facebook.com/wesrandstoeigim/?ref=br_rs).

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button