Havies wys hul gee om tydens muntlegging
Suksesvolle muntlegging ten bate van Juwan Smith Fonds
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/08/IMG_9985_73821.jpg)
Ouers, onderwysers en leerders het onlangs hul harte – en beursies – oopgemaak toe hulle tydens ‘n muntlegging geld ingesamel het vir die twee-jarige Juwan Smith.
Juwan, wat die boetie van een van die Graad 1-leerders is, is onlangs met ‘n kwaadaardige breingewas gediagnoseer, en die skool het besluit om ‘n fondsinsameling te reël om die ouers met hul mediese onkostes te help.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/08/IMG_9978_79934-520x390.jpg)
Tanya Lubbe, een van die skool se onderwysers en die organiseerder van die projek, het gesê, “Juwan se ouers is in die proses om ‘n spesialis van Amerika, wat tans in Suid-Afrika is, vir mediese bystand te nader. Ons het dit goedgedink om ‘n fondsinsamelingsprojek, in die vorm van ‘n muntlegging, te hou, om hulle te help. Ons wil net vir elke ouer, leerder en onderwyser wat ‘n bydrae gemaak het, baie dankie sê, aangesien ons projek baie suksesvol was en ons ‘n redelike bedrag kon insamel ten bate van die Juwan Smith Fonds.”
Juwan se pa, Nico Smith, het op sy Facebook-blad, Support for Juwan Smith, die volgende boodskap geskryf, “Laerskool Dr Havinga het vir Juwan ‘n fondsinsameling gehou. Ons kan nie genoeg dankie sê vir al die Havie-ouers, –leerders en ook onderwysers – veral juffrou Tanya – wat dit vir ons gereël het. Dankie julle, dit beteken so baie vir ons en Juwan. Julle is great!”
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/08/IMG_9976_11903-520x390.jpg)
Vir meer inligting oor Juwan, besoek sy Facebook-blad by https://www.facebook.com/Support-for-Juwan-Smith-277926243014613/?ref=br_rs
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!