Music-al-Matters hou konsert vir die gemeenskap
Konserte sal in Oktober plaasvind
Die tweede konsertseisoen vanjaar vir Music-al-Matters begin eersdaags en hulle het dié keer met ‘n plaaslike komponis hande gevat.
Vir hierdie konsertseisoen sal die uitvoerings op 5 en 6 Oktober in Pretoria plaasvind, maar die verskil is dat al die werke wat gespeel gaan word, deur Frank van Doorene, 66, gekomponeer is.
Frank woon die afgelope 55 jaar in Florida, en het oorspronklik in sy vrye tyd liedjies geskryf. “Ek was my hele lewe lank in eiendomsbestuur, en liedjies skryf was my stokperdjie. Sedert ek afgetree het, fokus ek intensief daarop,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat liedjies skryf vir hom ‘n gawe is wat hy graag deel, en het gesê, “Vandat ek kan onthou, het ek ‘n liedjie in my hart gehad, en dit is my gawe om dit met ander kunstenaars te deel wat dit beter as ek sal kan uitvoer. Saam kan ons die musiek dan spesiaal maak.”
Frank het al ongeveer 200 liedjies gekomponeer, en vir elkeen aanprysings ontvang. Hy fokus nou daarop om sy liedjies aan Suid-Afrikaanse kunstenaars bekend te stel, en dit het tot die samewerking met Music-al-Matters gelei.
Musikant Tdrinda Woods, wat ook ‘n inwoner van Roodepoort is, is een van die stigters van Music-al-Matters. Sy kontrakteer haar kollegas in die musiekwêreld vir bepaalde optredes, en is verantwoordelik vir die strategie en die beplanning van die repertoire en ander aspekte soos die uitleg en akoestiek van die lokaal waar uitvoerings gehou word. Tdrinda is self ’n gevestigde, ervare en bedrewe musikant wat as solis en as lid van ensembles optree – soos met hierdie konsertreeks, waar sy oudergewoonte die marimba sal bespeel wat die mooiste klanke en aangrypendste melodieë voortbring.
Music-al-Matters se medestigter, Gordon Woods het gesê, “Soos die gebruik is, sal die repertoire ‘n wye verskeidenheid werke uit byna elke genre insluit. Dit sal verseker dat elke lid van die gehoor daardie spesifieke werk wat net vir hulle bedoel is, sal hoor.”
Vir besprekings, gaan na https://www.theatreonthesquare.co.za/contact/, https://encorecomplex.co.za/index.php/contact-us, https://qkt.io/the-magical-marimba of besoek Music-al-Matters se Facebook-blad by https://www.facebook.com/Music.al.Maters/.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!