Editor's choiceLocal newsNews

Solidariteit verleen ‘n helpende hand in Florida

Nuwe skenkingswinkel open sy deure

 

Solidariteit Helpende Hand het ‘n nuwe skenkingswinkel in die Florida Sentrale Sakegebied (SSG) geopen.

Die doel van die winkel, wat hul 34ste skenkingswinkel is, is nie net om behoeftiges in die plaaslike gemeenskap by te staan nie, maar om ook as gerieflike aflewerpunt vir skenkings te dien.

Die winkel, wat as Ons Winkel bekend staan, skep ook werk vir die persoon wat dit bestuur. “Die wins wat gemaak word deur die verkope in die winkel, word gebruik as studiegeld vir behoeftige kinders in die gemeenskap, asook om ander maatskaplike tekortkominge aan te vul,” het winkelbestuurder, Cobus Robertson gesê.

Cobus Robertson is die bestuurder by die nuwe winkel in Florida. Foto: Verskaf.

Hy het bygevoeg dat enige items aanvaar word. “Dit is ongelooflik om te weet dat dit wat in jou kaste of huis is wat jy nie meer gebruik nie, in ‘n studiefonds vir ‘n kind omgesit kan word. Dit is een van die grootste redes hoekom mense donasies vir Ons Winkel wil gee. Enige items is welkom – van klere, kombuisware, linne, meubels tot speelgoed.”

Hy het afgesluit deur ‘n uitnodiging aan die gemeenskap te rig om die winkel te besoek, “Ons Winkel is vir die gemeenskap, uit die gemeenskap. Kom snuffel gerus daar rond want daar is ‘n verskeidenheid items teen baie goeie pryse.”

Vir meer inligting, kontak Cobus by 079 055 6671.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button