Hories presteer by Rak-kunswedstryd
'n Totaal van 436 leerders het deelgeneem

Laerskool Horison het 436 leerders gehad wat hul talent by die jaarlikse kunswedstryd van die Roodepoortse Afrikaanse Kultuurvereniging (Rak) ten toon gestel het.
Die junior- en seniorkoor, sowel as twee spreekkore het ook deelgeneem, en die Graad 1- en die Graad 2 en 3-spreekkore het diplomas verwerf.
Van die 245 individuele deelnemers, het 81 diplomas (A++ simbool) en 102 A+ sertifikate verwerf, waarvan die meerderheid vir voordrag toegeken is.
CorineMarie van Hoogdalem, ‘n Graad 7-leerder het drie diplomas verwerf, terwyl Isabella Chaplin, ‘n Graad 6-leerder vier diplomas ingepalm het.
“Rak is ‘n wonderlike geleentheid vir die kinders om hul talente te ontwikkel, en dit is bemoedigend om te sien met hoeveel entoesiasme hulle hierdie geleentheid aangegryp het,” het Annamien Smith gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!