Bastion-rugbyspelers neem deel aan Apcan Skolereeks

Dié reeks is goeie blootstelling vir spelers

 

Twee van Hoërskool Bastion se rugbyspanne het aan die afgelope Apcan Skolereeks deelgeneem.

Wesley Pretorius, die rugbyorganiseerder by die skool, het gesê, “Ons het hierdie reeks gebruik om die volgende generasie spelers, asook die jonger generasie afrigters, blootstelling te gee sodat hulle hul stempel kan afdruk in ons sisteem wat ons in plek het.”

Colin Ingram, Wesley Pretorius (Rugbyorganiseerder) en Quinton Bester. Foto: Adéle Bloem.

Hy het bygevoeg dat hulle dié reeks ook gebruik het om die spelers in staat te stel om hoëdruk-wedstrydsituasies te ervaar, en dan hul spel dienooreenkomstig te ontwikkel.

Hy het met die volgende woorde afgesluit, “Dit is maklik om net die wenmotief voor oë te hê en sodoende fokus op die toekoms te verloor. Hierdie reeks help ons om op die regte dinge te fokus. Ons is baie trots op hierdie spelers en afrigters.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version