NG Kerk Roodekrans se basaar was ‘n groot sukses
Dit was 'n familiedag gevul met hope pret
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/09/IMG_1018_29969.jpg)
Die NG Kerk Roodekrans se jaarlikse kermis was ‘n groot sukses en het iets vir elkeen – oud en jonk – gebied.
Hierdie jaar se tema was Mardi Gras, en dominee Roelof Minnaar het verduidelik hoekom hulle juis hierdie tema gekies het. “Almal dink altyd aan Brasilië wanneer hulle Mardi Gras hoor, maar dit kom eintlik uit die Bybel en beteken ‘Vet Dinsdag’. Hierdie is een van ons fondsinsamelingsprojekte vir die kerk, maar dit is ook bedoel om ‘n lekker fees te wees wat familie en vriende die geleentheid gun om ‘n bietjie weg te kom van die alledaagse gejaag af en tyd saam te spandeer.”
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/09/IMG_1011_27374-520x390.jpg)
Hy het bygevoeg dat hulle vanjaar die kinders van Baba Moses in Helderkruin uitgenooi het om die aktiwiteite saam met hulle te kom geniet.
Besoekers het tussen die verskillende stalletjies rondbeweeg, en kon hul hongerpyne stil met pannekoek, braaivleis, poeding, koek, tert en nog vele meer. Die Hans Bothma Boere-orkes het gesorg vir ‘n feestelike atmosfeer.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/09/IMG_1006_71238-520x390.jpg)
Die kinders kon ook kies en keur tussen verskeie aktiwiteite wat ‘n meganiese bul, springkastele, kettieskiet en gesigverf ingesluit het.
Roelof het met die volgende woorde afgesluit, “Ons wil vir die gemeenskap en gemeentelede dankie sê vir hul ondersteuning en hulp, want sonder hulle sou ons nie kon kermis hou nie.”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!